Nostalgies, humoristies en hartroerend: Wat die hart van vol is deur Peter Veldsman en Elmari Rautenbach
Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van ‘n fynkok deur Peter Veldsman, met Elmari Rautenbach, is nou beskikbaar by Penguin:
’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers …
Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op ’n plaas in die Klein-Karoo het Peter ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as “Mister V”, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het.
Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar “koskys” wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as ’n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer ’n doukomkommer tussen sy tande geknars het …
Nostalgies, humoristies en hartroerend – ’n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.
Boekbesonderhede
- Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van ‘n fynkok deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach
Boek se tuisblad
EAN: 9781770229716
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
» read article