Bekendstelling: Stroomop deur Harald Pakendorf (10 Mei)

Hoekom bel ’n boosaardige eerste minister ’n koerantredakteur skuins na sonop by sy huis? Waarom wil ’n kabinetsminister ’n verslaggewer met die vuiste bydam? En hoe kry ’n Afrikaanse koerant dit reg om tydens die apartheidsjare volledig oor ANC-beleidstandpunte te rapporteer?
Harald Pakendorf beantwoord dié vrae, en nog vele meer, in sy herinneringstog deur ’n onstuimige tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootkoppe van apartheid kon hierdie “liberale” redakteur van ‘Oggendblad’ (1972–1979) en ‘Die Vaderland’ (1980–1986) met moeite voor hulle oë verdra. Pakendorf moes John Vorster en PW Botha se woedebuie telkemale trotseer.
Vandag sal lesers hul koppe in ongeloof skud oor die scenario’s wat tydens apartheid se hoogbloei in die voorkamers van politieke mag afgespeel het. Maar vir die politieke base van destyds was Harald Pakendorf sy tyd ver vooruit. Só ver dat hulle hom sonder meer uit sy redakteurstoel verwyder het. ’n Fassinerende, persoonlike terugblik wat lesers sal boei.
Besonderhede
- Datum: Donderdag, 10 Mei 2018
- Tyd: 6:00 NM vir 6:30 NM
- Plek: Love Books, Bamboo Lifestyle Centre, Rustenburgstraat 53, Melville, Johannesburg | Map
- Gasspreker: Anita Visser
- RSVP: kate@lovebooks.co.za
Boekbesonderhede
- Stroomop: Herinneringe van ‘n koerantman in die Apartheid-era deur Harald Pakendorf
EAN: 9781776091171
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Stroomop: Herinneringe van ‘n koerantman in die Apartheid-era deur Harald Pakendorf
» read article