Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Die Groot Drie deur Francois Verster: Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wêreldklas-satirici

Die Groot DrieDie Groot Drie: ’n Eeu van spotprente in Die Burger deur François Verster is nou beskikbaar by Penguin:

Die Groot Drie bied ’n sonderlinge blik op die opkoms, hoogbloei en uiteindelike ondergang van Afrikaner-nasionalisme vanuit die perspektief van drie wêreldklas-satirici: D.C. Boonzaier, T.O. Honiball en Fred Mouton.

Die Burger is in 1915 in die lewe geroep om as mondstuk te dien vir Afrikaners wat aan die begin van die 20ste eeu op hul knieë gedwing is deur die Anglo-Boereoorlog, verstedeliking en grootskaalse armoede. In die eerste honderd jaar van die koerant se bestaan het net dié drie kunstenaars diens gedoen as spotprenttekenaars. Boonzaier het skerp en raak aanvalle op opponente van die Nasionale Party geloods, en die karikatuurkuns ten volle bemeester; die veelsydige Honiball het lesers se empatie gewek met sy speelse styl; en Mouton se uitbeelding van tipies Suid-Afrikaanse tonele het van hom ’n gewilde humorskepper en belangrike meningsvormer gemaak.

In hierdie boek gee Verster, Naspers se maatskappy-argivaris, ’n onderhoudende historiese oorsig van die bydrae wat elk van dié spotprenttekenaars gelewer het.

Oor die outeur

Dr. François Verster het vir 17 jaar as staatsargivaris gewerk en het in 2007 by Naspers as maatskappy-argivaris en geskiedskrywer aangesluit. Hy het drie romans en sy memoires gepubliseer, en nie-fiksiewerke insluitend Van Kaspaas tot Kaas, die lewe en werk van T.O. Honiball. Hy is die skrywer van talle artikels oor spotprente en strokieskuns vir beide vakkundige en populêre publikasies. Hy werk ook as vryskut-joernalis en is veral bekend om sy rubriek “Geskiedenis vandag” in die streekskoerant Bolander.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment