Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Wen een van vyf eksemplare van Christelle van Rooyen-Wessels se debuutroman, Adder

AdderAdder deur Christelle van Rooyen-Wessels is nou beskikbaar by Penguin:

Klara Francke het ’n donker geheim. Sy is vasgekeer in ’n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun. Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het vir ’n braai nooi, is daar onmiddellik ’n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega.

Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare – en ontoelaatbare – gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los. Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer ’n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders ’n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke …

Oor die outeur

Christelle van Rooyen-Wessels is op De Aar gebore en is tans die redakteur van een van die oudste gemeenskapskoerante in die land – die Stellalander. Sy woon in Vryburg in Noordwes. In 2004 ontvang sy die Sanlam Gemeenskapsperstoekenning vir Joernalis van die Jaar: Menslike Nuus. Adder is haar debuut.
 


 
Vyf gelukkige lesers kan elkeen ‘n kopie van Adder wen. Om in aanmerking te kom vir die prys, besoek Penguin Random House SA se webtuiste en voltooi die kompetisievorm voor Woensdag, 30 November.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment