Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Annelie Botes herroep ou herinneringe in Lugkasteel (Plus: Wen 1 van 10 eksemplare!)

 
LugkasteelLugkasteel deur Annelie Botes is nou beskikbaar by Penguin:

In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim het om in Engeland ’n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ’n hellejaar (ook met heelwat hemelse oomblikke!) word sy Granny se hoeder.

Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop.

Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ’n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek.

Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.

Soms. Soms nie.

Oor die outeur

Annelie Botes woon in die Oos-Kaap en skryf in Engels en Afrikaans. ‘n Groot aantal boeke het al uit haar pen verskyn waarvan menigde vertaal is. Raaiselkind (ook in Engels beskikbaar as Riddle Child) het in 2003 verskyn en is aangewys as voorgeskrewe boek in die Wes-Kaap.

 

* * * * *

 
Tien gelukkige lesers kan elk ‘n kans staan om ‘n kopie van Lugkasteel te wen. Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat. Voltooi die kompetisievorm voor 18 November 2016 om in te skryf:

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment