Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

“Dis moeilik om beide joernalis en skrywer te wees” – Irna van Zyl gesels oor haar debuut, Moordvis

Irna van Zyl se debuutriller, Moordvis, sal in Julie 2016 op Penguin Random House se rakke in Afrikaans en Engels verskyn.

 
Mariana Malan het met die nuwe skrywer, wat destyds saam met Marita van der Vyver en Rachelle Greeff klas geloop het, gesels oor haar misdaadroman en haar joernalistieke loopbaan.

Sy gee ook raad aan nuwe skrywers om nooit moed op te gee nie en vertel wie haar gunsteling plaaslike skrywers is.

Lees die artikel:

“Ek het altyd die droom gehad om ’n roman te skryf,” vertel Van Zyl. “In ons honneursjaar in joernalistiek het Madeleine van Biljon ons toegespreek en gesê dis moeilik om beide joernalis en skrywer te wees. En dit is waar.”

Van Zyl het ná jare in die joernalistiek en later ook aan die bestuurskant van die bedryf bedank om voltyds te skryf.

Sy gee dadelik aan ander skrywers die raad om nie moed op te gee nie. Haar eerste roman (wat nie vir publikasie aanvaar is nie) was ’n leerskool en “lê diep weggebêre onder in ’n laai”.

Van Zyl het ook onlangs ‘n rubriek geskryf oor die Rugbywêreldbeker, waarin sy vra wie Willie le Roux se “magic” gesteel het:

Gee die bal vir Willie!”

Hy wat weet hoe om drieë te druk was ons almal se held. As hy nie self die vyfpunter aangeteken het nie, het hy dit geskep vir dié wat langs hom of agter hom of om hom was. Boonop was dit opwindende rugby. Só goed was hy dat jy al jou duime vasgehou het dat hy tog net nie beseer moet word nie.

Maar toe gebeur daar iets anders met Willie. Weg is die vinnige skoppies oor die aanvallende speler se kop, die op-sy-kop-aangeë na ’n vleuel, die cheeky steekskoppies, die spoed waarmee hy hom by die agterlyn aangesluit het.

 

Please register or log in to comment