Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

“Ek wou ’n boek skryf oor iemand wat heeltemal van sy trollie afbliksem” – Tinus Horn oor Boas Mei is verward

Tinus Horn en metgesel

 
Boas Mei is verward“Ek het gevlug van my lewe af, daar het te veel stuff met my gebeur. Ek het net tyd op my eie nodig gehad.” Só het Tinus Horn onlangs aan Deon Maas vertel by die bekendstelling van sy jongste roman, Boas Mei is verward.

Nadat Horn Johannesburg se liggies vir die platteland verruil het, het hy eendag ‘n versoek van Penguin Random House SA gekry om ‘n boek te skryf. “Frederik de Jager het my uit vergetelheid gered,” vertel hy.

Horn het vier maande gehad om die boek van 50 000 woorde te voltooi. “Ek is heeltemal ongedissiplineerd, behalwe as dit kom by skryf.” Horn skryf 1 000 woorde per dag, 5 000 woorde ‘n week. In die vier maande het hy boonop ook Zelda la Grange se topverkoper, Good Morning, Mr Mandela na Afrikaans as Goeiemore, mnr. Mandela vertaal.

Tinus Horn en Deon MaasSo waaroor gaan Boas Mei is verward nou eintlik? “Ek wou ‘n boek skryf oor iemand wat heeltemal van sy trollie afbliksem,” sê Horn. Boas Mei besef eendag dat daar iets groot fout met sy kop is, en word summier in die hospitaal opgeneem. In sy haas om sy tasse te pak, kry hy sy boksers nêrens te vinde nie, en trek hy maar sy eks-meisie se eina-klein broekie aan. Vir die eerste 20 bladsye worstel hy met dié broekie wat te styf sit, vertel Maas aan die skaterende gehoor. “Wanneer sy broekie deurgesny word, haal jy saam met hom asem.”

Oor die struktuur van die boek, wat luidens Maas in ‘n vakuum afspeel, sê Horn: “Die sentrale figuur is Boas Mei en hy is nuts. Die manier hoe hy sou dink, is hoe ek wou hê die boek moes werk.” Op Maas se vraag of hy daarvan hou om met die lesers se kop te smokkel, sê Horn: “Ek hou daarvan om met my eie kop te smokkel.”

“Jy skryf baie interessante karakters,” sê Maas. “Hulle is nie mense wat ek na my huis toe sal nooi nie.”

“Ek is nie ‘n sepieskrywer nie,” antwoord Horn. “Ek wil iets nuut en vars maak, ek het geen belangstelling in realisme nie, alles is inventions.”

Op ‘n vraag uit die gehoor of Horn kennis het van sielkunde sê hy: “Nee, ek het dit ervaar in my mind en my lyf, ek was daar, I took notes.” Hy voeg by: “Ek is die luiste researcher in the history of writing.” Alhoewel hy slegs 12 minute op Wikipedia spandeer vir sy navorsing is Horn uiters gesteld op skoon kopie. Hier kom sy jarelange ervaring as joernalis en redakteur hom goed te pas. Hy vertel dat hy altyd vir homself ‘n maand oorlos om sy werk te redigeer, wat hy dan binne ‘n week voltooi.

Horn was vroeër ‘n rugbyskrywer vir The Star en sê om fiksie te skryf is harde werk: “Ek word heeltemal boekbehep.” ‘n Goeie vriend was eendag briesend vir Horn omdat hy nie sy siekbed besoek het nie. “Dis ‘n intense ervaring, ek’s nie ‘n goeie mens terwyl ek dit doen nie.”

Maas het hier die gesprek afgesluit en die gehoor het hul boeke laat teken. Die Bamboo Lifestyle Centre het gegons met Horn se vriende, familie en bewonderaars wat verder met die skrywer sou gesels oor wat als in sy kop aangaan.

 

* * * * * * * *

 
Annetjie van Wynegaard (@Annetjievw) het regstreeks met #livebooks getwiet:


 

 
Facebook galery

http://penguin.bookslive.co.za/blog/

Posted by Books LIVE on Wednesday, 12 August 2015

 

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment