Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Drie mans, onverklaarde moorde en ’n bordeel in Seepunt: In sneeu geskryf – ’n Roman deur Francois Loots

In sneeu geskryfFrançois Loots se jongste roman, In sneeu geskryf, verskyn eersdaags by Umuzi:

In Januarie 2003 het Suid-Afrika wakker geword met die nuus dat nege mans gedurende die vroeë oggendure in Sizzler’s, ’n bordeel met net mans in Seepunt, Kaapstad, vermoor is. Die twee moordenaars het naby Sizzler’s gewoon en is gou in hegtenis geneem. Aangesien hulle nooit in die hof getuig het nie, bly hulle motiewe onbekend en het die moorde meer vrae as antwoorde gelaat.

Die roman In sneeu geskryf volg die lewens van drie jong mans tydens die weke wat tot die moorde lei. Platsak Frikkie het pas matriek voltooi en begin by die bordeel werk. Bertus is ’n dertigjarige kliënt wie se lewe verbrokkel – en op Frikkie verlief raak. Adam bestuur ’n nabygeleë eetplek en word gedryf deur finansiële nood en sy verval in waansin. Die skrywer woon in Seepunt.

In sneeu geskryf skets dié Kaapse voorstad in die middel van somer, die besige toeristetyd.

Oor die outeur

François Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media. Hy is die skrywer van drie romans: Nagvoëls, Lente in Beijing en Die Jakkalsdans. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment