Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Wynie – My bloed is blou deur Alita Steenkamp: Biografie van die grootste Blou Bul-ondersteuner, Wynie Strydom

Wynie - My bloed is blouWynie – My bloed is blou deur Wynie Strydom en Alita Steenkamp is nou beskikbaar op Zebra Press se rakke:

Mnr. Kuschke van Laerskool Graskop het die klein rooikopseuntjie een kyk gegee en gesê: “Ek doop jou Wynie, want jou hare lyk nes die rooiwyn wat ek drink.” Mnr. Kuschke se aandeel indie lewe van Wynie Strydom is egter veel groter as bloot die naam Wynie. Dis by hom wat Wynie ’n onblusbare liefde vir die spel rugby geleer het.

Volg Wynie Strydom se pad van die klein dorpie Graskop in Mpumalanga tot by sy kantoor, as spanbestuurder van die Blou Bulle, wat op die A-veld van Loftus uitgekyk het. Wynie was vir 38 jaar betrokke by BlouBul-rugby en sy toewyding, harde werk en fokus op tradisies het gehelp om van die Bulle een van die beste rugbyspanne in die wêreld te maak.

Dis ook ’n verhaal van ongeëwenaarde vriendskappe en lojaliteit, van hoogtepunte en hier en daar ’n laagtepunt op die rugbyveld, van heerlike tye maar ook donkerblou dae. Wynie: My bloed is blou is ’n boek vol heerlike rugbystories, maar ook staaltjies vanaf die kantlyn. ’n Boek wat geen rugbyliefhebber, ongeag vir watter span jy skree, sal kan neersit nie.

“Sedert Wynie Strydom in 1992 heeltyds by die Blou Bulle Rugbyunie begin werk het, het hy ikoniese status op Loftus Versfeld verwerf as die man met die rooi snor, poenskop, donkerbloubaadjie, altyd op die punt van sy stoel en die eerste een wat opspring wanneer die Bulle ’n drie druk,” skryf Marco Botha in Beeld van 6 Maart 2013.

Oor die outeurs

Wynie Strydom het met die uitsonderlike manier waarop hy sy taak as die Bulle se spanbestuurder verrig het, behoorlik sy stempel afgedruk op Suid-Afrikaanse rugby. Aan die einde van 2013 het Wynie afgetree ensedertdien kry jy hom die meeste van die tyd op die gholfbaan, altyd besig om te kompeteer.

Alita Steenkamp is ’n ervare vryskutjoernalis wat spesialiseer in profiele van bekendes. In 2009 was sy ’n medeskrywer van Hestrie Cloete-Els se outobiografie, My pyn, my glorie, en in 2010 het sy Mathys Roets se inspirerende lewensverhaal in Steeds Mathys vertel. In 2012 volg Loui Fish se lewensverhaal, Onsinkbaar, uit Alita se pen en in 2013 die lewensverhaal van Veronica van Vollenhoven, Veronica: Die kleur van liefde. Benewens skryf is rugby een van haar groot liefdes.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment