Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Op ’n koue nag brand Katjie se huis af – ’n Uittreksel uit ’n Huis vir Ester deur Carol Campbell

’n Huis vir EsterEsther's House’n Huis vir Ester deur Carol Campbell vertel die aangrypende verhaal van Ester Gelderblom en haar vriendinne Katjie en Liedjie, en hul soektog na ‘n dak oor hul koppe.

Namibiana Buchdepot het ‘n uittreksel gedeel uit ’n Huis vir Ester, ook in Engels beskikbaar as Esther’s House.

Dis ‘n snerpende wintersnag in Oudtshoorn wanneer Katjie se houthok skielik aan die brand slaan. Sy roep vir Oom Krisjan om te kom help, maar hy neem sy tyd om uit die bed uit te klim en sweer boonop dat hy die keer die elektrisiteit gaan afsit.

Lees die uittreksel:

“Hallo, hallo,” roep sy. “Oom Krisjan, maak oop, maak oop … die lektriek is besig om te short.” Die huis is doodstil. Sy klop harder en hou net op sodat sy haar oor teen die deur kan druk om te luister of iemand aankom. Die laaste keer moes sy in die huis in hardloop en self die hoofskakelaar afslaan, maar oom Krisjan het haar verskree en nou is sy skrikkerig. Die tydsame geskuifel van pantoffels soos oom Krisjan na die deur toe aankom, laat Katjie haar hande saamvryf en op die trap-pies trippel. Die ou man is in sy bruin winterpajamas en blou pantoffels en voor hy begin swets, sê sy: “Oom Krisjan, maak gou. Gaan switch die mains af. Vinnag, die lektriek is besig om te short.” “Julle blerrie mense,” sê hy en hy draai tydsaam om. “Dissie laaste keer. Vandag disconnect ek daai krag.” Wanneer sy seker is hy is op pad na die hoofskakelaar, hardloop sy terug om te kyk of die gevonk gestop het. Toe sy die deur oop-maak, loop sy haar vas teen die rookwalm en daardeur heen sien sy die vlamme al langs die nylongordyn kruip. “Liewe Jesus! Shireen, Shireen, staan op, die gordyn brand!”

 
Lees ook:

 
Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment