Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Papegaaislaai-outeur Theunis Engelbrecht vertel hoe sy rockgroep Die Naaimasjiene gestig is

Papegaaislaai“Nadat Papegaaislaai in Oktober verlede jaar by Umuzi verskyn het, het mense wat agterop die boek gesien het ek was in Die Naaimasjiene my allerhande lastige vrae begin vra daaroor. Toe dink ek ek kan dit maar net sowel op hierdie blog beantwoord, dan is dit afgehandel.”

Só skryf Theunis Engelbrecht in sy blog op Random Reads. Sy “rowwe roman” Papegaaislaai vertel die verhaal van Malletjie en Rocky wat begin soek na ‘n vermiste Afrikaanse sanger wat onder raaiselagtige omstandighede verdwyn.

Lees Engelbrecht se inskrywing om uit te vind oor sy rockgroep wat deur die destydse apartheidsregering verban is:

Dit het alles begin toe ek op hoërskool was in die eighties. Ek het in Bethlehem in die Vrystaat gesit en gedigte geskryf en toe met die digter Johan van Wyk van Boksburg begin korrespondeer. Hy het die wonderlikste briewe oor musiek geskryf en vir my kassette gepos met musiek van mense van wie ek nog nooit gehoor het nie, soos Country Joe and The Fish, Nina Hagen, The New York Dolls, The Sex Pistols, Jonathan Richman and the Modern Lovers, Pere Ubu en Frank Zappa. Dit was oorweldigend en opwindend en het my toe lus gemaak om ook eerder songs en lirieke te skryf as stemmige gedigte.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment