Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Die Breinchirurg se dieet: Adriaan Liebenberg deel sy gewigsverlies-suksesverhaal

Die Breinchirurg se dieetThe Brain Surgeon's DietDie Breinchirurg se dieet is eintlik Adriaan Liebenberg se persoonlike suksesverhaal.

Só het die neurochirurg onlangs aan Rochélle Human vertel oor sy radikale gewigsverlies en die eetplan wat hy met die wêreld wou deel.

Liebenberg het op 39-jarige ouderdom 161 kilogram geweeg toe hy besluit het om sy lewe te verander. Binne twee jaar het hy 70 kilogram verloor. Liebenberg sê die dieet is heel eenvoudig – “’n Mens moet minder eet en meer oefen.” Die skrywer gesels ook oor die oomblik toe hy ’n keerpunt bereik het.

Die Breinchirurg se dieet is ook in Engels beskikbaar as The Brain Surgeon’s Diet.

Lees die artikel:

Sy hartspier was verdik. Sy seun was ook oorgewig en sy dogter was goed op pad daarheen.

“Hulle het gedoen wat Pappa gedoen het.”

Hy het ’n punt bereik waar hy besef het hy het geen selfbeheersing nie.

Hy het eers ’n dieetkundige gaan sien wat vir hom ’n eetplan uitgewerk het, maar hy kon dit nie volhou nie.

“Dit was nie kos waarvan ek hou nie. Dit was nie goed wat ek kon voorberei nie.

“Dit was net heeltemal onmoontlik om te doen.”

Hy begin toe self wetenskap­like artikels oor dieet, oefening en gewigverlies lees.

“As jy vir ’n oorgewig mens sê van nou af eet jy hoenderborsies in water gekook en geposjeerde broccoli, en elke oggend 05:00 moet jy gaan draf – selfs dié wat desperaat is, kan dit net vir ’n paar weke volhou.”

Met sy kennis van die brein se werking en navorsing oor hormone wat eetlus beheer, het hy ’n volhoubare manier ontwikkel om gewig te verloor sonder om homself te verhonger.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment