Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Uittreksel uit ’n Dans met die dood deur Aniel Botha: Die begin van haar reis met anorexia nervosa

'n Dans met die DoodAniel Botha was sewentien jaar oud toe sy met anorexia nervosa gediagnoseer is. Vir dié sensitiewe en begaafde skolier met ’n passie vir ballet was die woord ‘anorexia’, wat ‘aptytverlies’ beteken, eintlik ’n wanbenaming, want sy was gedurig honger – vir kos, vir rus, vir liefde en aanvaarding, maar veral vir die dood. Niemand, nie eens sy self nie, kon die redes vir haar selfvernietigende gedrag peil nie.

Uiteindelik, op drie-en-twintigjarige ouderdom en op aanbeveling van ’n sielkundige, is sy in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem. ‘n Dans met die dood is Botha se joernaal van oorlewing.

Namibiana Buchdepot het ‘n kort uittreksel gedeel uit hierdie aangrypende boek oor die realiteit van eetsteurnisse. Hierin deel Botha hoe hierdie angswekkende reis begin het en waarom anorexia nie beteken jy het geen aptyt nie.

Lees die uittreksel:

Die reis

Ek het nog altyd ‘n aptyt gehad vir woorde. Woorde is my kos: stories, boeke, gesprekke … dít is wat ek eet. En as woorde kos is, wel, dan is woordspeletjies sjokolade. My gunsteling is ‘Hoeveel woorde kan jy maak?’ Hoeveel woorde kan jy maak met die letters van ‘leksikografie’ of ‘lieweheersbesie’ of ‘konstitusioneel’? Ek het nooit regtig woordspeletjies ontgroei nie. Nou, op pad na die kliniek, speel ek dié speletjie in my gedagtes. Uie woord is ‘dieet’.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment