Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Nelson Mandela se les aan Zelda la Grange oor stilte en nadenke kan dalk die Karoo red

Goeiemore, Mnr. MandelaGood Morning, Mr Mandela“Nêrens as in die afgeslotenheid van ’n valhelm op ’n motorfiets op die langpad dink jy beter nie. Soos lewegewende suurstof is om te kan dink ’n kosbare kommoditeit.”

Só skryf Johan van Wyk in sy rubriek vir Netwerk24 oor Zelda la Grange se boek Goeiemore, Mnr. Mandela wat ook in Engels beskikbaar is as Good Morning, Mr Mandela.

In haar boek vertel La Grange dat sy dikwels op haar motorfiets geklim het om in die laaste dae van Nelson Mandela se siekte te ontsnap. By Mandela het sy geleer dat dit belangrik is om soms ’n stil plek te vind waar jy kan dink.

Van Wyk skryf dat Madiba se lewenswyshede dalk ook die Karoo van ontvolking en ander maatskaplike gevare kan red. Lees die artikel vir Van Wyk se idees oor hoe dit kan gebeur:

Mandela (wat sover ek weet nooit motorfiets gery het nie) spel dit in die boek uit hoe belangrik dit is om tyd te hê om te kan dink. Aldus Zelda het hy dikwels die versugting uitgespreek dat hy soms na Robbeneiland terugverlang, omdat hy daar tyd gehad het om te kon dink. Die groot, rigtinggewende lewenswyshede wat hy ná 27 jaar daar as president kwytgeraak het, onderskryf dit.

Weens die suidoos wat ons nou so teister, kon ek die afgelope tyd nie juis motorfiets ry om te kon dink nie.

Die byeenkoms in Cradock oor die toekoms van die Groot Karoo het my nietemin laat nadink oor wat gedoen moet word om, te midde van relatiewe welvarendheid op Karooplase, die ontvolking, agteruitgang en skrikwekkende maatskaplike verval, werkloosheid en armoede onder bruin mense met toerisme te beredder.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment