Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Michael Hammond oor Orania: "Ek het lankal ’n fassinasie met hierdie gemeenskappie"

Orania“Ek het lankal ’n fassinasie met hierdie gemeenskappie. Al wat ’n mens in die media lees oor Orania is ‘vreemdheid’. Hoekom sal mense dan so afgesonderd hul eie ding wil doen, terwyl Suid-Afrika blom in sy diversiteit?” Só het Michael Hammond onlangs aan Phyllis Green gesê toe sy hom vra waar die inspirasie vir sy boek Orania vandaan gekom het.

Hammond noem dat hy en Hanlie Retief, medeskepper van die boek, geweet het dat hulle “iets anders wil doen met hierdie onderwerp”. Hy gesels oor die mense wat hulle ontmoet het, die fotosessies en herinneringe wat hom altyd sal bybly. Hy vertel ook dat daar net een kandidaat was vir ‘n voorbladfoto: “Dis ’n foto wat my kom vind het, eerder as dat ek die foto gesoek het. Die jong blonde seun met sy groot hond en die spanning in die oranje tou tussen hulle. . . Die doringbosse en die grondpad. Ek het geweet dis die voorblad toe ek die sluiterknoppie druk.”

Wat het jou geïnspireer om ’n fotoboek oor Orania te doen?
Ek het lankal ’n fassinasie met hierdie gemeenskappie. Al wat ’n mens in die media lees oor Orania is ‘vreemdheid’. Hoekom sal mense dan so afgesonderd hul eie ding wil doen, terwyl Suid-Afrika blom in sy diversiteit? Ek wou vir myself gaan sien hoe die mense van Orania leef. Ek het geweet dat ander Suid-Afrikaners ook hieroor wonder.

Wat fassineer jou oor die gebied en sy mense?
Orania lê op ’n harde stukkie aarde in die Noord-Kaap. Dit verg uithouvermoë en vasberadenheid om daar ’n bestaan te maak. Dis asof die landskap en mense ’n verstandhouding het: Jy sorg vir my en ek sorg vir jou. Dit is iets waaroor ons te min dink, en ek het ’n diep respek ontwikkel vir die omgewing en sy mense.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment