Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Penguin SA

@ Books LIVE

Reg Lascaris: “Maak seker jou visie is só groot jy gaan nooit daarby uitkom nie”

Lessons from the Boot of a CarReg Lascaris is die bemarkingsgenie verantwoordelik vir van die land se mees suksesvolle advertensies. Hy het onlangs sy ervaringe neergepen in Lessons from the Boot of a Car, ‘n memoir wat poog om die duur lesse wat hy al moes leer, te deel. Bibi Slippers het met Lascaris gesels om uit te vind hoe een groot idee só klein kon begin, hoe hy in die advertensiewese beland het en hoe die bedryf oor die jare verander het.

Tydens die onderhoud deel Lascaris ook raad vir jong entrepreneurs: “As jy dink jy gaan kitssukses behaal, gaan jy dit waarskynlik nie maak nie.” En as hy net één boodskap kon deel sou dit wees: “Maak seker jou visie is só groot jy gaan nooit daarby uitkom nie. Ek het een maal in ’n boek gelees: ‘A man’s reach should exceed his grasp, or what’s a heaven for?’ en ek glo vas daaraan: ’n Mens moet aanhou streef…”


Waarom die advertensiewese as loopbaan?

Want niemand anders wou vir my werk gee nie! Ek wou ’n stimulerende werk hê – dit pas my per­soon­likheid. Ek het ’n droom gehad dat ek goed sou wees in advertensiewese (hoewel iemand gesê het ek gaan nie wees nie). Alles het goed uitgewerk, want ek sou in geen ander werk aard nie. Ek’s mal oor wat ek doen.

Waarmee het jy aan die begin gesukkel?

Twee dinge: Die eerste was om die kapitaal te kry. Niemand wou vir ons geld leen nie, want ons het nie sekuriteit gehad nie. (Uiteindelik het ons by ’n vriend geleen.) Die ander was om optimisties te bly. Dis moeilik as ’n mens geen kliënte het nie, maar jy moet bly glo jy gaan suksesvol wees.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment