Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Deborah Steinmair gesels met Koos Kombuis oor I-Tjieng: ’n GPS vir verdwaalde siele

I-Tjieng“Die wonder van die I Ching is dat dit mens kriptiese leidrade verskaf wat die selfondersoek-proses vorm gee.” Dít is waarom die Koos Kombuis ‘n Afrikaanse verwerking van die I Ching, I-Tjieng: ‘n GPS vir verdwaalde siele, die lig laat sien het.

In ‘n onderhoud met Deborah Steinmair vir LitNet het Kombuis verduidelik dat die moderne mens twee dinge van die I Ching kan leer: “dat die ou beskawings van sekere dinge meer geweet het as ons, en dat die alledaagse werklikheid baie meer misterieus is as wat ons ooit kan droom”.

Ek het Koos gepols soos ’n orakel oor sy jongste baba. Dis duidelik dat hierdie nie, soos dit met die eerste oogopslag mag lyk, ’n vermaaklike vingeroefening was nie: Koos het groot respek vir die I Ching.

Ons het hom leer ken uit sy boeke, saam voetgeslaan met die superslim kind, belese boemelaar, religieuse soeker, rock-ster. Soos ek êrens op die ‘net gelees het: “Hy is deur die mallemeule van roem en drank en dwelms, en anderkant uit.”

Ek wou weet of hy nog altyd gelowig was.

KK: Ek het op die ouderdom van sestien tot bekering gekom in wat vir my toe gevoel het soos ‘n opregte kennismaking met Jesus. Hierdie ervaring het my vir ‘n ruk gedra, totdat ek deurmekaar geraak het met Christene en kerke. Daarna het ek deur die mallemeule van dwelms gegaan, en ook vir ‘n kort rukkie geëksperimenteer met okkultisme. Eindelik was al hierdie ervarings leeg. Ek het nou, sowat veertig jaar later, my oorspronklike ervaring teruggekry, maar ek sien dit uit ‘n ander perspektief. Ek is nie ‘n Christen nie, eerder ‘n gelowige humanis, en ek kan my nie indink dat ek ooit aan ‘n kerk sal kan behoort nie.

Book details

 

Please register or log in to comment