Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Penguin SA

@ Books LIVE

Koos Kombuis deel wyshede in I-Tjieng: ’n GPS vir verdwaalde siele

I-TjiengPenguin Books SA stel graag Koos Kombuis se I-Tjieng: ’n GPS vir verdwaalde siele, ’n Afrikaanse verwerking van die I Ching, bekend:

Dit is die eerste Afrikaanse verwerking van die antieke Chinese I Ching, of Boek van Veranderinge. Hierdie orakel is gebaseer op 64 heksagramme (kombinasies van deurlopende en onderbroke strepe) wat die raadpleger lei tot beter begrip en die wyse weg. I-Tjieng word wyd in die Weste gebruik, waar dit gesien word as ‘n uitdrukking van wat Carl Jung die kollektiewe onbewuste noem. Dit gee elke mens dus toegang tot sy eie versteekte, innerlike wysheid, wat op sy beurt ingeskakel is by die groter geheel van menslike ervaring.

Hierdie uitgawe is ‘n vertaling, aanpassing en verduideliking van die i-Tjieng-stelsel, kostelik geïllustreer deur Koos Kombuis se tekeninge. I-Tjieng dra die toepaslike subtitel “’n GPS vir verdwaalde siele”, en is in ‘n moderne idioom en in eenvoudige taal geskryf. Net reg vir die hedendaagse Afrikaanssprekende wat verdwaal in ‘n verdwaalde land voel, en wat na wysheid en begrip soek.

Oor die outeur

Koos Kombuis is volksbesit. Hy was brandweerman, digter, voorsanger in die rebelse jeugbeweging teen die orde van die jare tagtig. Hy is deur die mallemeule van roem en drank en dwelms, en anderkant uit. Van die mooiste liedjies in Afrikaans kom van hom. Hy is ’n gerespekteerde openbare kommentator, ’n geliefde sanger met talle CD’s op sy naam, ’n romanskrywer, en ’n gesinsman.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment