Woordfees 2013: Chris Barnard en Katinka Heyns gesels oor Die wonderwerker met PG du Plessis
Chris Barnard het gekies om spesifiek in sy draaiboek Die wonderwerker te fokus op die tydperk in digter en wetenskaplike Eugène Marais se lewe toe hy ernstig siek was en op die plaas Rietfontein versorg is, omdat dit verband hou met ‘n tema wat meermale in Barnard se fiksie voorkom: ‘n vreemdeling wat inkom en ‘n familie se bestaan omver gooi.
Só het Barnard Saterdag by die US Woordfees gesê in ‘n gesprek met sy vrou en die regisseur van die rolprent Die wonderwerk, Katinka Heyns. Die gesprek is deur hul skrywersvriend PG du Plessis gelei.
Die egpaar het oor hul kreatiewe loopbane gesels, die maak van die film en oor saamwerk as ‘n mens getroud is.
Carolyn Meads het regstreeks vanaf die praatjie met #livebooks getwiet:
Foto: PG du Plessis, Katinka Heyns & Chris Barnard gesels oor Die Wonderwerker #livebooks #Woordfees twitter.com/carolynmeads/s…
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Du Plessis: Uit die kreatiwiteit van Heyns & Barnard het string uitstekende films gekom, Die Wonderwerker hoogtepunt. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Heyns eers gedink sal kleuterskooljuffrou word, toe nuwe dramaskool met Anna Neethling-Pohl bygewoon as “agtergrond” #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Heyns het gedink films is ‘n bietjie “common” #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Maar Heyns het oudisie vir Jans Rautenbach se film gedoen. Moes se: “Ek wil jou he, ek moet jou he”. Kry rol. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard gesels oor sy vriendskap met Bartho Smit. “Hy’t my leer lees. Ek het nie eintlik gelees toe ek jonk was nie” #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Smit het Barnard aangemoedig om 2jaar oorsee te gaan. Moet ontwortel raak, swaar kry, wyer lees, nuwe perspektief kry #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Du Plessis: Barnard is die skrywer in Afrikaans wat die naaste aan Hemmingway kom. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard: Ek is van jongs af deur Marais gefassineer. Wonderlik wat hy met min hulpbronne reggekry het. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard: Katinka is toevallig ook deur Marais gefassineer. “Sou hom afgevry het” #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Katinka ontken dat sy dit gese het! Maar wel gefassineer deur Marais. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard gesels oor die rede waarom spesifiek daardie periode in Marais se lewe gebruik het. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard: Dis ‘n tema wat dikwels in my werk voorkom, vreemdeling wat inkom & familie se bestaan omver gooi #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard: Daar’s spekulasie oor wat tussen Marais & jong meisie op plaas gebeur het.Vermoede hipnose op haar geoefen. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard: En huisvrou word verlief op Marais. Dis mos ‘n storie! #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard het gedink die draaiboek is nie kommersieel genoeg nie. Het nie geweet of dit sou slaag nie. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Du Plessis: Op die oomblik is daar ‘n behoefte by Afrikaanses aan gehalte films. (Gehoor gaan akkoord, klap hande) #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Du Plessis vra hoe bly ‘n mens getroud as saamwerk. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Barnard: Katinka kry nie net wondere reg met akteurs nie, ook met haar man. Gee net een kyk en doen wat sy se. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Dorothea v Zyl vra of hulle Eugene Marais se teenwoordigheid kon voel soos Reza de Wet. #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Heyns vertel van deur wat saggies oopgekraak het. “Moet bieg het met hom gesels” #livebooks #Woordfees
— Carolyn Meads (@carolynmeads) March 9, 2013
Boekbesonderhede
- Die wonderwerker deur Chris Barnard
Boek se tuisbald
EAN: 9780143530558
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!

Please register or log in to comment