Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Penguin SA

@ Books LIVE

Eben Alexander se topverkoper nou in Afrikaans beskikbaar as Bewys van die Hemel

Bewys van die hemel Bewys van die hemel: ’n Neurochirurg se reis na die lewe hiernamaals deur Eben Alexander verskyn vandeesmaand by Penguin:

Naby-dood-ervarings, of NDE’s, is iets waaroor groot meningsverskille bestaan. Duisende mense het dit al ervaar, maar die meeste wetenskaplikes voer aan dat dit onmoontlik is. Dit was ook die mening van dr Eben Alexander.

As hoogs opgeleide neurochirurg, wat gedurende sy loopbaan breinoperasies op talle pasiënte uitgevoer het, het Alexander geweet dat dit wat gelowiges die “siel” noem, maar net ’n produk is van chemiese prosesse in die brein. Sy verklaring vir NDE’s sou sonder twyfel wees dat dit vir die betrokke persoon voel asof dit werklik gebeur het, maar dat dit eintlik maar net verbeeldingsvlugte is van die brein wat onder geweldige druk verkeer.

Toe, uit die bloute, word dr Alexander self die slagoffer van ’n uiters seldsame breinsiekte. Dié deel van sy brein waar denke en emosie gesetel is, wat ons menslike bewussyn bepaal, het heeltemal tot stilstand gekom. Sewe dae lank het Alexander in die hospitaal in ’n diep koma gelê. En net toe die dokters dit begin oorweeg om sy behandeling te staak, gaan sy oë oop. Hy was terug.

Alexander se herstel is mediese gesproke ’n wonderwerk. Maar dit is nie die grootste wonderwerk van sy verhaal nie. Terwyl sy liggaam in ’n koma was, het Alexander op ’n reis tot ver buite die grense van hierdie wêreld gegaan en ’n hemelse wese teëgekom wat hom tot by die einders van buite-liggaamlike bestaan gelei het. Daar het hy met die goddelike oorsprong van die heelal kennis gemaak en gekommunikeer.

Hierdie verhaal klink na die vergesogte en wonderbaarlike verbeeldingsvlugte van ’n skrywer van fantasieverhale. Maar dit is geen fantasie nie. Voordat Alexander sy reis ondergaan het, kon hy nie sy kennis van neurologie met geloof in die hemel, God of die siel versoen nie. Daardie afwesigheid van geloof het ’n leemte gelaat wat nie deur professionele prestasie gevul kon word nie. Vandag is hy egter ’n dokter wat glo dat ware gesondheid slegs moontlik is as ons besef dat God en die siel werklik bestaan en dat die dood nie einde van persoonlike identiteit is nie, maar net ’n oorgang.

Hierdie verhaal sou merkwaardig wees ongeag met die wie dit gebeur het. Dat dit met dr Alexander gebeur het, maak dit uitsonderlik. Geen wetenskaplike of gelowige kan dit ignoreer nie. Die lees van hierdie verhaal sal jou lewe verander.

Die teks is oorspronklik in Engels uitgegee as Proof of Heaven.

Oor die outeur

Eben Alexander, M.D., is die afgelope 25 jaar ’n neurochirurg, waarvan 15 jaar by die Brigham & Women’s Hospital en die Children’s Hospital asook Harvard se mediese fakulteit in Boston was.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment