Chris Barnard en Katinka Heyns gaan Die wonderwerker by Woordfees 2013 bespreek
Chris Barnard en Katinka Heyns het as span reeds menige uitstekende Afrikaanse produksies die lig laat sien. Mees onlangs is Barnard se draaiboek Die wonderwerker in ‘n gewilde rolprent, onder regie van Heyns, omskep.
Die film, oor die lewe van digter Eugène Marais, het laat in 2012 begin draai en die gelyknamige draaiboek is by Penguin SA beskikbaar. Dié indrukwekkende egpaar is by hierdie jaar se US Woordfees te sien waar hulle saam met skrywer en dramaturg PG du Plessis oor Die wonderwerker sal gesels.
Die boekbespreking vind 9 Maart om 09:00 in die Woordfees-boektent op Stellenbosch plaas. Kaartjies is by Computicket beskikbaar en kos R50 per persoon.
Moet dit nie misloop nie!
Besonderhede van die gesprek
- Datum: Saterdag, 09 Maart 2013
- Tyd: 09:00
- Plek: Woordfees-boektent,
SASOL Kunsmuseum,
Ryneveldstraat 52,
Stellenbosch | Padkaart - Kaartjies: R50 per persoon
Boekbesonderhede
- Die wonderwerker deur Chris Barnard
Boek se tuisblad
EAN: 9780143530558
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment