“Suid-Afrikaners is wonderlike mense”: Mamphela Ramphele gesels met Danie Marais
In haar onlangs verskene boek, Conversations with My Sons and Daughters, bespreek Mamphela Ramphele Suid-Afrika se demokrasie, idealisme en die moedelose jeug in ons land. Danie Marais het oor aandete ’n paar vrae aan haar gestel. Sy verduidelik aan Marais dat nie alle Suid-Afrikaners al geleer het wat om met demokrasie te doen nie en dat baie sosiale ongeregtighede onaangeraak gelaat is:
Op 64 gaan jy Mamphela Ramphele moeilik sonder die hulp van woorde soos “indrukwekkend” en “formidabel” beskryf. Dié stigter van die Citizens Movement for Change, voormalige besturende direkteur van die Wêreldbank, rektor en visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, anti-apartheidsaktivis en gewese minnares van Steve Biko is immers al in 2004 aangewys as nommer 55 op ’n lys van die 100 grootste Suid-Afrikaners.
Boekbesonderhede
- Conversations with My Sons and Daughters deur Mamphela Ramphele
Boek se tuisblad
EAN: 9780143530411
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment