Debbie Calitz deel haar herinneringe met Ulrike Hill in Debbie Calitz: 20 maande in gyselaarshel
Toe Debbie Calitz en Bruno Pelizzari in Oktober 2010 in Dar-es-Salaam anker lig, sou hulle nooit kon raai dat hulle op ’n hellevaart vertrek nie.
Drie dae nadat hulle as bemanningslede op die seiljag Choizel vertrek het, is die vaartuig gekaap deur Somaliese seerowers wat ’n losprys vir Debbie en Bruno geëis het. Twintig maande lank is die paartjie van die een donker hool na die ander verskuif, telkens met ander oppassers wat hulle – en veral vir Debbie – aan onbeskryflike gruweldade onderwerp het.
Dit was Debbie se geestelike ingesteldheid, haar medemenslikheid, en ironies genoeg, haar verlede as ’n slagoffer van mishandeling, wat haar aan die lewe help hou het deur positief te bly en te glo dat sy en Bruno gered sou word.
In hierdie meesleurende boek oor afskuwelike ontmensliking onthul Debbie die besonderhede van hul beproewing en hul uiteindelike bevryding. Dit is die verhaal van ’n vrou se onoorwinlike moed toe vryheid en menswaardigheid nog net ’n vae herinnering was.
Die boek is ook beskikbaar in Engels as Debbie Calitz: 20 Months in Hostage Hell.
Oor die outeur
Ulrike Hill is ’n gekwalifiseerde Engelse onderwyseres met 20 jaar ervaring in die korporatiewe en opvoeding-sektore. Sy het ’n BA-graad in Engels, kommunikasie en sosiologie.
Boekbesonderhede
- Debbie Calitz: 20 maande in gyselaarshel deur Debbie Calitz en Ulrike Hill
Boek se tuisblad
EAN: 9780143530596
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Debbie Calitz: 20 Months of Hostage Hell deur Debbie Calitz en Ulrike Hill
Boek se tuisblad
EAN: 9780143530589
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment