Books LIVE Community Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

Penguin SA

@ Books LIVE

Dawid Minnaar gesels oor sy rol as Eugene Marais in Die Wonderwerker (Plus: Video)

Die wonderwerkerDawid Minnaar speel die rol van die digter en wetenskaplike Eugène Marais in die film Die wonderwerker wat vandag landswyd in teaters begin draai. Die rolprent fokus op ‘n periode in Marais se lewe toe hy ernstig siek was aan malaria en deur twee vroue op die plaas Rietfontein versorg is.

Die draaiboek is deur Chris Barnard geskryf en is ook pas onder die titel Die wonderwerker deur Penguin Books uitgegee.

In ‘n onderhoud op die KykNET-program Kwêla het Minnaar vertel dat hy Marais se emosies subtiel moes uitbeeld, omdat hy ‘n baie private mens was. “Hy het baie goeters maar binne gehou en dit nie eintlik maklik gedeel met ander mense nie… Hy was in ‘n groot mate ‘n buitestander.” Volgens Minnaar sien ‘n mens Marais wel weerloos in die Die wonderwerker, maar net wanneer hy alleen is.

Minnaar het in ‘n onderhoud aan Schalk Schoombie vertel dat hy blou kontaklense moes dra om die rol van Marais te vertolk. “Dis die eerste keer dat ek met kontaklense speel en dit het my dadelik anders laat voel,” sê hy:

Waar ek hom buite Il Giardino in Auckland Park inwag, laat die idee van sit by ’n tafel in die binnehof Dawid Minnaar onwillekeurig bibber. “Koue is een ding wat ek nie goed hanteer nie,” beduie hy.

Tog lyk hy byna Europees in sy swart baadjie oor ’n donker trui, loodgrys serp, swart broek, blinkswart skoene; swart pet oor die grys hare en bruin oë getrek.

Katinka Heyns, die regisseur van die rolprent, het aan Elmari Rautenbach vertel dat Minnaar nie net Eugène Marais gespeel het nie – hy het Marais gewórd.

Minnaar het beskryf hoe hy in 2006 die eerste keer Chris Barnard se draaiboek onder oë gekry het en dit “in een sessie in ’n Melville-restaurant deurgelees” het. “Daar was soveel aspekte aan Marais wat geresoneer het. Die feit dat hy nie ’n tipiese voorbeeldige, stoere Afrikaner was nie, maar ’n alternatiewe lid van sy ‘stam’. Eenkant. Stroomop,” sê hy.

Hy lig sy voorvinger, delikaat gepunt, die middelvinger en duim raak amper. Sy blou oë is gerig op die bobbejaanmannetjie voor hom. Roerloos sit dié, bek halfoop, oë starend.

’n Bries speel met die hare van sy pels, maar hy sit… asof in ’n dwaal.

“’n Mens noem dit mesmeraais,” sê hy later vir die meisie waar hulle in die veld hardgekookte eiers afdop. Om hulle is dit ruig en groen, die berge blou op die horison.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment