Mark Behr bespreek manlikheid met JB Roux
“Mans se chroniese mislukking om die man te wees wat niemand inderwaarheid kán wees nie, is waarskynlik een van die mees fundamentele oorsake vir geweld die wêreld oor.”
Só sê Mark Behr, skrywer van Die reuk van appels en Kings of the Water, in ‘n onderhoud aan JB Roux. Behr het self probeer om sy “manlikheid” as offisier tydens die Grensoorlog te bewys. In sy verhale word soldaat-wees dikwels teenoor gay-wees opgestel.
Volgens Behr is ‘n worsteling met die idee van “manlikheid” egter nie uniek aan gay mans nie. Hy meen dat heteroseksuele mans ook hiermee stoei:
Jy woon en werk al lank in die buiteland, maar besoek Suid-Afrika gereeld. Hoe vergelyk die houding teenoor gays in ander lande met dié in Suid-Afrika? Daar word dikwels gesê dat as ’n mens die gaykwessie in ag neem, dit ironies is dat Suid-Afrika een van die mees liberale grondwette het …
Wat wetgewing betref, verskil die VSA van staat na staat: hoe meer inklusief New York en DC, hoe doller die fundamentaliste in Mississippi en Tennessee. In Moskou en Boedapest is daar ook nou pogings om homofobiese wetgewing te vestig en nader aan ons is daar die skrikbewind teen gays in Banjul, Harare, Kampala en Lagos. Dit is ten dele reaksies teen positiewe verandering: meer lande laat huwelike tussen mense van dieselfde geslag toe; meer promulgeer wetgewing ter beskerming van vroue en minderhede soos transmense. Nuwe kennisnetwerke, kommunikasie deur elektroniese media en populêre kultuur verander denkwyses en vestig nuwe alliansies waarteen die nasiestaat dit toenemend moeilik vind om sy eie agendas te handhaaf.
Boekbesonderhede
- Kings of the Water deur Mark Behr
EAN: 9780349122649
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment