Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

SJ Naude Wins Jan Rabie Rapport Prize for Alfabet van die voels

Alfabet van die voelsOn Friday, SJ Naudé won the Jan Rabie Rapport Prize for his short story collection Alfabet van die voëls. Naudé’s groundbreaking book was published by Umuzi in 2011.

The judges (André Brink and Michael le Cordeur, with Anastasia de Vries as convener) consider the volume “a collection of stories rich in imagination, intellectual depth and excellent writing that gives testimony to a remarkable talent that one could easily associate with the name and successes of Rabie.”

Steve Connolly, Managing Director of Random House Struik, said: “I’m absolutely delighted that SJ’s remarkable writing is receiving the recognition it deserves in the wider reading community in South Africa. We believe he is a writer of enormous talent and hope that this prize helps draw even more readers to his work.”

Fourie Botha, Managing Editor of Umuzi, said: “Alfabet van die voëls grabbed our imagination from the beginning. It is a riveting, heartbreaking book and the beginning of a great writing career.”

SJ Naudé was born in 1970. He studied in Pretoria and completed Masters Degrees at Cambridge and Columbia. After years as a lawyer in New York and London he returned to South Africa for a Masters degree in creative writing at the University of Stellenbosch.

~ ~ ~

SJ Naudé is Vrydagaand as die wenner van vanjaar se Jan Rabie Rapport-prys vir sy kortverhaalbundel Alfabet van die voëls aangekondig. Dié bakenverskuiwende bundel het in 2011 by Umuzi verskyn.

Die beoordelaars (André P. Brink en Michael le Cordeur, met Anastasia de Vries as sameroeper) ag die bundel “’n versameling kortverhale ryk aan verbeelding, intellektuele diepte en opvallende skryftalent wat van ’n verbasende begaafdheid getuig en wat ’n mens graag met die naam en die prestasie van Rabie kan vereenselwig.”

Steve Connolly, Besturende Direkteur van Random House Struik, sê: “Ek is absoluut verheug dat SJ Naudé se merkwaardige skryfwerk die erkenning wat dit verdien van die breër lesergemeenskap in Suid-Afrika ontvang. Ons glo hy is ’n skrywer met ’n enorme talent en hoop dat die prys selfs meer lesers aan sy werk sal blootstel.”

Fourie Botha, Redaksiehoof van Umuzi, sê: “Alfabet van die voëls het ons verbeelding van die begin af aangegryp. Dit is ’n meesleurende, hartroerende boek en die begin van ’n opwindende skrywersloopbaan.”

SJ Naudé is in 1970 gebore. Hy studeer in Pretoria en voltooi meestersgrade aan Cambridge en Columbia. Na jare as regspraktisyn in New York en Londen keer hy terug na Suid-Afrika vir ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.

Book details

 

Please register or log in to comment