Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

Eugene Cussons gesels oor sy boek, Saving Chimpanzees, en sy moeilikste reddingstog

Saving ChimpanzeesEugene Cussons het ‘n reservaat in die Laeveld gebou waar sjimpansees, wat hy uit haglike omstandighede red, gerehabiliteer en versorg kan word.

Cussons se reddingstogte is vir die TV-reeks Escape to Chimp Eden verfilm, maar hy het aan Phyllis Green gesê dat hy graag ook ‘n boek wou skryf aangesien hy nie uitdrukking aan al sy emosies op televisie kon gee nie. Daar was ook beperkings wanneer sommige gewaagde ekspedisies verfilm is.

Die keer toe hy vyf sjimpansees uit Angola gered het, was Cussons se moeilikste ervaring tot dusver. “Die boek vertel die volle verhaal van hoe ek kratte moes bou, burokratiese elemente moes bestuur, onmoontlike logistiek moes reël, en lojale, vindingryke vriende moes bymekaar kry om te help met hierdie 72 uur van “geen-slaap-en-kan-nie-stop-nie”- uitreik.”

Waarom het jy ‘n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees begin en nie een vir byvoorbeeld renosters nie?

Dit was eintlik ‘n bestiering, want ek was besig om te kyk na verdienstelike bewaringsprojekte. In hierdie tyd het ek iemand van die Jane Goodall-instituut ontmoet wat my oortuig het van die benarde situasie waarin sjimpansees is. Ek het met die instituut saamgespan en dit het gelei tot my ekspedisies om sjimpansees te red en te rehabiliteer. Die res is geskiedenis, kan jy maar sê! Om eerlik te wees, ek kon net sowel ‘n reservaat vir renosters begin het, maar dit was nie die geleentheid wat my gebied is nie. Ek is ‘n godsdienstige mens en glo ek was bestem om iets vir die groot ape te doen.

Book details

Foto te danke aan The Frisky

 

Please register or log in to comment