Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Penguin SA

@ Sunday Times Books LIVE

'n Kortverhaal uit en 'n resensie oor Oulap se blou deur Chris Barnard

Chris Barnard Oulap se blou deur Chris Barnard het reeds vele positiewe resensies ontvang. Dit is ook die boek wat gekies is as die boek van die maand vir die Boeke Insig Boektafel.

Dit is ‘n bundel kortverhale, deursprinkel met nostalgiese stories en ‘n móét-lees vir almal, maar veral vir Afrikaners en dié wat hou van goeie Afrikaans:

Hieronder is een storie uit De Kat om te lees en nog ‘n resensie op die webblad, jouWêreld jou e-tydskrif. Lekker lees:

Toe sê Pa: ’n mens gaan nie na daardie soort plekke toe nie.

Ek was al ’n bietjie gewoond aan sulke uitsprake. ’n Mens gaan nie dans nie.’n Mens gaan nie bioskoop toe nie.Daardie aand hoor ek ’n mens gaan ook nie na sterkmankompetisies toe nie.Toe dag ek nogal: hel, dis jammer, want Pa is die sterkste man in die distrik.

Pa was bekend vir sy krag. Almal het altyd van hom gepraat as Groot Flip. Want hy wás groot. En sterk. Ek het meer as een keer staan en kyk hoe hy ’n jong os aan die horings beetkry en hom in sy spore stuit – sommer maklik, net met die krink van ’n nek. Lê die os. Ek het gesien hoe hy ’n bloekompaal so dik soos ’n man se bobeen aan die dun punt optel en onder die paal inloop tot die hele agtien voet daarvan op sy skouer balanseer; hoe hy wydsbeen staan en wieg en wag dat die vrag eweredig sy lê kry – en dan daarmee begin aanstap, bultop na die huis toe wat hy aan die bou is.

Ek het Pa baie dinge sien doen, en van party het ek net gehoor. Maar almal het geweet van Groot Flip.

En ‘n resensie by jouWêreld jou e-tydskrif:

Chris Barnard se nuutste skrywerswerk, die bundel kortverhale Oulap se blou, is verlede maand deur Umuzi-uitgewers uitgereik.

Oulap se blou kom net mooi veertig jaar ná die verskyning van sy eerste bundel kortverhale, Duiwel-in-die-bos, wat, soos sy eweneens vroeë roman Mahala, iets so definiërends aan die Afrikaanse letterkunde gegee het dat hulle vandag nog as gekanoniseerde werke staan.

In een opsig reik van die verhale en vertellings in Oulap ook oor die dekades terug, selfs verby die tyd toe Barnard saam met die ander Sestigers soveel vars lug deur ons letterkunde laat waai het. Dit is verhale waarin die verlange van die oudag die verlange van die jeug herken en daaraan ’n stem gee. Verlange na verlange, in besoeke na ’n landelike seunskindparadys wat, soos alle geluk, slegs vlietend bestaan het. En ook nie slangloos was nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment