“Die Madeleine McCann-ontvoering het ’n aar by my raakgeboor”: Gareth Crocker oor Never Let Go
Gareth Crocker se jongste roman, Never Let Go, gaan oor ’n enkelpa wie se dogter ontvoer word. In ‘n onderhoud met Crocker vir SARIE sê Phyllis Green dat sy nie die boek kon neersit nie. Sy het Crocker uitgevra oor sy gesinslewe, waarom hy Never Let Go geskryf het en waaraan hy tans werk.
Reece Cole kry ‘n aanbod wat hy nie van die hand kan wys, of wil wys, nie. Hy kan sy dogtertjie terugkry.
Die belangrikste ding wat julle moet weet, is Reece Cole se dogter is dood. Sy is ontvoer en toe sy uiteindelik opgespoor word en hy die losprys betaal om sy kind terug te kry, word sy in sy arms doodgeskiet.
Die volgende karakter wat jy leer ken, is Harlan White. Hy bied aan om Reece se dogter uit die dood terug te kry. Dit klink baie onwaarskynlik, maar in Never Let Go (Penguin, R195) weef die Suid-Afrikaanse skrywer, Gareth Crocker, ‘n verhaal van onwaarskynlikhede op so ‘n boeiende wyse dat jy saam met Reece Cole inkoop in die moontlikheid dat sy kind wel gered kan word – uit die graf!
Boekbesonderhede
- Never Let Go deur Gareth Crocker
Boek se tuisblad
EAN: 9780143530855
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
